Naruhitoq NFf
| Naruhito | |
|---|---|
| Keiser van Japan | |
| Kroonprins Naruhito in 2018 | |
| Dinastie | Keiserlike Huis van Japan |
| Inhuldiging | 1 Mei 2019 |
| Volle naam | Naruhito (徳仁) |
| Gebore | 23 Februarie 1960 |
| Keiserlike Huishoudelike Agentskap-hospitaal, Keiserlike Paleis, Tokio, Japan | |
| Voorganger | Keiser Heisei |
| Gade | Keiserin Masako |
| Kinders | Aiko |
| Vader | Keiser Heisei |
| Moeder | Keiserin Michiko |
Naruhito (Japannees: 皇太子徳仁親王, Kōtaishi Naruhito Shinnō; gebore op 23 Februarie 1960 in Tokio, Japan) is die huidige keiser (天皇 tennō?) van Japan, en die 126ste keiser volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.[1] Soos in Japan gebruiklik word hy tydens sy bewind nie by sy geboortenaam Naruhito genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下, tennō heika) of "Sy huidige majesteit" (今上陛下, kinjō heika).[2] Sy posthume naam sal Keiser Reiwa (令和天皇, Reiwa Tennō) wees, sy regeringstyd sal ná sy afsterwe darem as Reiwa-tydperk (令和時代, Reiwa jidai) bekend staan.[3] Hy het die Krisanttroon in 2019 bestyg en is die enigste heersende monarg wat die titel keiser dra.[4]
Naruhito is die oudste seun van Keiser Akihito en Keiserin Michiko, wat van hom die erfgenaam van die Krisanttroon gemaak het. Naruhito is op 23 Februarie 1991, sy 31ste verjaarsdag, amptelik as Kroonprins van Japan aangewys. Sy titel uit kinderjare was Prins Hiro (浩宮, Hiro-no-miya).
Akihito het op 8 Augustus 2016 sy abdikasie vir 30 April 2019 aangekondig. Vervolgens is Naruhito, Akihito se oudste seun, op 1 Mei 2019 ingehuldig. Naruhito se bewind staan bekend as Reiwa (令和, "mooi harmonie"). Naruhito is Japan se eerste keiser wat na die Tweede Wêreldoorlog gebore is.[5][6]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (en) Nussbaum, Louis-Frédéric; et al. (2002). Traditional order of Tennō. Japan encyclopedia. pp. 962–963.
- ↑ (en) "Members of the Order of the Garter". The British Monarchy.
- ↑ (en) "National Day of Japan to be celebrated". Embassy of Japan in Pakistan. 7 December 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2008. Besoek op 28 December 2007.
- ↑ (en) "Naruhito: Japan's new emperor pledges to be symbol of unity". BBC. 1 Mei 2019. Besoek op 1 Mei 2019.
- ↑ (en) Enjoji, Kaori (1 Desember 2017). "Japan Emperor Akihito to abdicate on April 30, 2019". CNN. Tokio. Besoek op 1 Mei 2019.
- ↑ (en) Kyodo, Jiji (3 Desember 2017). "Japan's publishers wait in suspense for next era name". The Japan Times. Besoek op 1 Mei 2019.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Naruhito.- (en) "Naruhito". Encyclopædia Britannica. Besoek op 1 Mei 2019.
| Voorafgegaan deur Keiser Heisei |
126ste Tennō 2019–hede |
Opgevolg deur Ampsbekleër |