SyvgCD V06 34 FOLdd Ee2p nde: XO12 idi0E Ccf2 p
Sy is ’n proteïendraad, waarvan sommige soorte geweef kan word om materiaal te maak. Die sydraad bestaan hoofsaaklik uit fibroïen en word deur sekere insekte se larwes vervaardig om kokonne te maak.[1] Die beste bekende sy word verkry van die kokonne van die larwes van die moerbeisywurm, Bombyx mori. Die blink voorkoms van sy is vanweë die driehoekprisma-agtige struktuur van die draad, wat veroorsaak dat die materiaal inkomende lig teen verskillende hoeke weerkaats en so verskillende kleure vertoon.
Bombyx mori, Hyalophora cecropia, Antheraea pernyi, Samia cynthia.
Uit Meyers Konversations-Lexikon (1885-1892).
Sy word deur verskeie insekte vervaardig, maar net die sy van motruspes word gebruik vir tekstielvervaardiging. Daar is egter al navorsing gedoen oor ander soorte sy, wat op molekulêre vlak verskil.[2]
Sy word hoofsaaklik vervaardig deur die larwes van insekte wat volledige metamorfose ondergaan, maar sommige ander insekte soos webspinners (Embioptera) en spinnekoppe maak ook sy.[3]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ "Silk". The Free Dictionary By Farlex. Besoek op 2012-05-23.
- ↑ (2010) “Insect silk: one name, many materials”. Annual Review of Entomology 55: 171–88. doi:10.1146/annurev-ento-112408-085401.
- ↑ (2012) “Silk from Crickets: A New Twist on Spinning”. PLoS ONE 7 (2): e30408. doi:10.1371/journal.pone.0030408.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sy.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia